NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek kyk na die Suksesvolle Transformasie Inisiatiewe in Landbou

  • 19 May 2017
  • 1689
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  press-release



Power FM aanbieder en Besturende Direkteur, Andile Khumalo, was die gasheer vir ʼn paneel wat Roelf Meyer (In Transformation Inititiave); Loyiso Ndlovu (Landbank); Chris Venter (AFGRI HUB), Herbert Mabuza (Produsent) en Charles Rossouw van die Rossouw Familie van Besighede ingesluit het. 
 
Die groot nuus van hierdie dinamiese sessie is dat Roelf Meyer die industrie verlaat het deur te sê: “Die goeie nuus is dat ons inderwaarheid binnekort iets gaan loods wat ʼn groot verskil gaan maak, waar die Landbank die anker gaan wees.”
Hierdie kriptiese leidraad was gemaak in antwoord op die paneel se konsensus dat ʼn gesentraliseerde instelling geskep moet word om gekoördineerde bystand aan transformasie inisiatiewe sowel as aan die hele waardeketting in landbou te verskaf.
 
Die sessie was voorafgegaan deur videoinsetsels van verskeie suksesvolle transformasie inisiatiewe in landbou wat ʼn hele reeks van kommoditeite in verskeie dele van die land ingesluit het.
 
Herbert Mabuza het sy warm landbouverhaal met die gehoor gedeel, van redakteur van die Sunday Times na ʼn suksesvolle kommersiële produsent. “Vir my was die beslissende faktor deur bygestaan te word deur die produsent wat sy plaas op een voorwaarde aan my sou verkoop - Dit was om boerdery te verstaan en dan was hy ook gewillig om my te leer. Daarby was ek ook gelukkig om op betroubare en praktiese mentorskapsprogramme van Senwes te steun.” 
 
AFGRI se Chris Venter was betrokke by baie transformasie inisiatiewe. “Ek het nog nooit enige produsent teëgekom wat nie gewillig was om my te help nie, en ons moet daardie goedhartigheid aangryp.”
 
Loyiso het die punt gemaak dat daar wel geld vir transformasie in die fiskus beskikbaar is, maar het bygevoeg dat “ons moet kyk na die gemengde befondsing benadering wat die regering en die privaatsektor insluit. Die punt-tot-punt besigheidsteun is die sleutel risikoversagtende faktor om hierdie projekte te finansier,” het sy gesê.
 
Die paneel was uiters positief oor die pad vorentoe en daar was konsensus dat landbou die beginpunt is om nou in betekenisvolle besprekings betrokke te wees met werklike uitkomste om so die uitdagings rakende transformasie die hoof te bied.
 
Laai die Nasie in Gesprek Toep af by www.nasieingesprek.co.za om by die gesprek aan te sluit asook vir die volledige uitsaaiskedule waar jy die volledige episode kan kyk.
 
Die reeks vier vanjaar vier jaar van uitsendings by Nampo waar die gesprek oor die belangrikheid van landbou wyd versprei word oor verskeie hoofstroom media soos KykNet, 702/Cape Talk, Soweto TV, Business Day TV en baie ander. Die reeks is ook beskikbaar via YouTube.
 
Uitgereik deur:
Marlon Abrahams 
Kommunikasiebestuurder 
Tel: 018 464 7349 
Sel: 076 412 9717





Related Articles