NEWS | Latest news articles

Nasie in Gesprek – Familiebesighede

  • 20 May 2016
  • 2161
  •  Nasie in Gesprek
  •  
  •  nasieingesprek



Die paneel het uit top sakelui in landbou bestaan met Tommie van Zyl, Uitvoerende Hoof van ZZ2; Pieter Karsten jnr, Adjunk Besturende Direkteur van Karsten Groep; prof. Elmarie Venter, Direkteur van NMMU se Eenheid vir Familieondernemings en Danie Minnaar, Voorsitter van Senwes Beperk.
 
Theo kon dit nie beter uitgespel het nie: “Dit gaan oor die familie as ‘n eenheid.” Hier is daar baie uitdagings en suksesse ter sprake. Familiebesighede bestaan volgens Tommie al sedert Aristotle se dae (399 vC). “Daardie raamwerk is vandag nog relevant waar standhoudendheid en vertroue kardinaal is. Dit gaan oor die sisteem se doel.” Elmarie het hierby aangesluit deur te noem dat “Familiebesighede 98% van alle besighede uitmaak (wêreldwyd).” Danie het die familie-aspek beklemtoon: “Die John Deere’s en Monsanto’s van vandag was eens op ‘n tyd familiebesighede.” Dit opsigself wys die waarde van familiebesighede.
 
In kruks, om die voortbestaan van ‘n familiebesigheid te verseker, is “die belangrikste element om seker te maak dat die organisasie-geheue behoue bly; om ‘n resep te kan ontwikkel om ‘n superorganisme te bou,” so vertel Tommie. Pieter verstaan sy rol binne hierdie superstruktuur: “As jonger boer moet jy vrede daarmee maak dat jy ondergeskik is, jy moet nog baie verder groei en vorder. Hier is ek net bevoorreg om deel te wees van die besigheid se groei.”
 
Van volgende generasies gepraat, moet ‘n familieboerdery se sisteem reg wees. Elmarie noem hier: “Vereistes moet ingestel word voor die volgende generasie daar is, deur dit te doen skakel jy net soveel konflik uit.” Hoewel ‘n mens jou plek moet ken, noem Danie dat die volgende generasie vroegtydig opgelei moet word. Vandag kry mens nog steeds situasies soos, “‘n Pa gaan vandag dood en dan weet die kinders nie eens hoe lyk ‘n testament nie,” het Danie uitgelig.
 
Danie het die aspek van opvolgbeplanning aangeraak “Ons spandeer nie genoeg tyd aan opvolgbeplanning nie.” Pieter sê: “Dit is jou primêre verantwoordelikheid om opvolgprosesse in plek te sit.”
 
In ‘n familiebesigheid moet die “aandag op dieselfde onderwerp toegespits wees,” dit is Tommie se siening waar “Waardes en normes geraffineer word tot die volgende vlak.” Elmarie het vertel dat daar vier belangrike elemente hier is om na te kyk soos “die funksionele gebiede waar mense aangestel word, bestuursmeganismes wat aangepas kan word asook kommunikasie en kulturele waardes.” Sy het dit aangevul met die feit dat familiebesighede ook “sosiale en entrepreneuriese kapitaal” het.
 
Ander probleme wat uitgeskakel moet word was ook bespreek: “Familiestelsels is ‘n derde element van besigheid. Besluite wat in die familiestelsel geneem word, word in die besigheidstelsel ingestel. Dan kry jy nepotisme en konflik,” waarsku Elmarie. Pieter sê ‘n mens moet kommunikeer. Boere sê baie: “Ons kom nie daarby uit nie, en dit is die klein jakkalsies wat families uitmekaar dryf.” Danie het kommunikasie benadruk: “Julle moet by Elmarie uitkom, voor julle begin baklei!”
 
Vir Tommie van ZZ2, wat die helfte van die tamaties in Suid-Afrika produseer, gaan “dit oor die regeerproses. Die eienaarskap beïnvloed hoe die samestelling van die regeerders lyk.” Met Elmarie wat klem lê: “Dit is ‘n onomwonde feit dat familieboerdery aanhou groei en ‘n baie belangrike rol speel.”
 
Kliek op die volgende skakels om na die volledige program te kyk.
 

Kyk na al die episodes op Youtube, hou die webtuiste dop vir die uitsaaitye van die verskeie episodes op die verkillende televisiestasies en laai ons app af. Volg die gesprek ook op Twitter @nationconverse en kyk uit vir ons gereelde plasings op ons Facebook bladsy asook op Instagram.






Related Articles